Die Eienaar en Aanbieder

Joey.jpg - 203.13 Kb

Joey Erasmus (nee van Rensburg) is gebore op 19 Desember 1962 in die, destydse, Queen Victoria Hospitaal in Johannesburg.

Sy matrikuleer in 1981 aan Bekker Hoërskool in Magaliesburg.  Joey begin haar vakleerlingskap as Tekenaar in die stowwerige Yskor Werke se Tekenkantoor.  Sy werk oor die volgende nege jaar in ‘n verskeidenheid van kantore in Pretoria en Durban as tekenaar.
 
In 1990 word die firma  “Professional Framers” gestig en vir amper tien jaar doen sy raamwerk vir ‘n vale.  Daarna is sy vir vyf jaar betrokke by Sportron met direkte verkope van vitamien aanvullings.

Joey is getroud met advokaat Chris Erasmus SC.  Hulle seun, Schalk-Willem is in 1993 gebore. (FACEBOOK Schalk Willem Erasmus)

wedding 1984.jpg - 175.80 Kb Haar inspirasie vir naaldwerk het sy gekry van haar Ouma Dollie (regs op foto).  Toe sy as dogtertjie afvallappies op die vloer in popklere begin omtower, het ouma begin touwys maak!  Joey maak vir die laaste 31 jaar mooi klere vir haarself en ook mooi versierings om die huis mee op te tooi.  In 1984 het sy haar eie trourok ontwerp en gemaak asook die blommemeisierokke.  Sy bly egter maar onwillig om haarself uit te gee as professionele ontwerper en kleremaker.  Tog geniet sy dit om in 1994 vir haar stiefsuster ‘n asemrowende trourok en drie ewe mooi blommemeisierokke te maak en later ‘n aandrok of drie vir buitestaanders.  Maar dit raak nooit haar passie nie.

Oor die laaste 16 jaar bied Joey as Gereformeerde lidmaat katkisasie aan by twee gemeentes.  Hier leer sy ‘n liefde aan vir kleiner mensies en geniet dit om hulle belangstelling te prikkel en te behou!  Sy ontwikkel ook ‘n deernis vir kinders met gedragsprobleme, as gevolg van baie moeilike en dikwels traumatiese huislike omstandighede.  Meisies van Bramley Kinderhuis in Groenkloof word gratis toegerus met die kursusse.  Vir meer oor die Kinderhuis, klik Child Welfare skakel bo-aan hoofblad, > Centres, > Bramley .

 
Vir my was dit werklik ‘n belewenis om te sien hoe Joey gedurende hierdie laaste twee jaar die kers aan altwee kante brand om hierdie Sew Fábulous! baba aan die loop te kry.  Soms het sy my ná twaalf in die nag ge-epos net om te sê sy “blaas nóú die kers dood.”
 
Joey Erasmus is nooit tevrede met eie halwe werk nie maar sy stel geen onbillike eise aan haar studente nie.  Sy is voorwaar ‘n inspirasie vir almal met haar borrelende geaardheid en onvermoeide ywer op alle vlakke van die samelewing!

Woorde van Kittie Broos (Julie 2009)

Vriendin en Medewerker

  

Visie en Etiese Ingesteldheid

Dit is die hoof doelwit en missie van Sew Fábulous! om:

  • bo-gemiddelde diens te lewer in die vorm van ‘n markgerigte produk ten opsigte van prys en waarde,
  • belangstelling en ontvanklikheid te prikkel en te stimuleer teenoor die vakgebied,
  • bruikbare , sigbare en meetbare vaardighede toe te voeg tot die student met langtermyn waarde, en
  • die student positief te motiveer om aan te hou leer en te poog om die nuutgevonde vaardighede te vervolmaak.
  • Deurentyd te strewe om dit alles te doen met gewete en gevolg in gedagte!

D i e   T o e k o m s

 Groei en vertakking is noodsaaklik en onvermydelik wanneer dit die begeerte is om hierdie uitstaande diens aan soveel dames moontlik te bring.

Daarom word daar reeds gewerk om Geleenthede vir Takskole ‘n werlikheid te maak sodat die nuwe ekonomiese groei om die volgende draai, benut kan word.

Hou hier dop . . .

 

 

 

Copyright © 2009 Sew Fábulous!. All rights reserved. Powered by WebWise Enterprise